TRAUMATIESE INSIDENT REDUKSIE WERKSWINKELS
(Tans is die werkswinkel slegs op Zoom beskikbaar)
Aanbieder: Jan Viljoen
Met hierdie werkswinkel leer jy in vier dae om ‘n traumatiese insident se negatiewe gevolge vinnig, effektief en permanent te reduseer. Ons kan nie die trauma wegneem nie, maar kan die getraumatiseerde persoon weer terug bring na ‘n meer normale vlak van funksionering. TIR is effektief vir onlangse trauma so wel as die verligting van PTSD. In dié werkswinkel word 3 tegnieke aangeleer naamlik Unblocking, TIR en Tematiese TIR. Met laasgenoemde kan jy ongewenste gevoelens, emosies, sensasies, houdings en psigosomatiese pyn aanspreek. Na 4 dae kan jy die tegnieke gaan toepas.
Hierdie werkswinkel is internasionaal geakkrediteer en na die suksesvolle voltooiing daarvan kan jy by TIRA (TIR Association) aansluit. Hierdie werkswinkel dien as toelating om te registreer vir ‘n internskap om ‘n gesertifiseerde TIR Fasiliteerder te word.
CPD en VBO punte is van toepassing. 20 CPD punte vir Maatskaplike Werkers en 30 VBO punte vir NG Predikante.
Volledige handleiding word verskaf.
Koste: R5000. (Afslag vir groepe en vroeë betaling )
Klik op skakel hieronder om besprekingsvorm af te laai.
marketing_tirw_2021_.pdf | |
File Size: | 608 kb |
File Type: |