Aangename kennis
Jan J.F. Viljoen is in 1952 in Pretoria gebore en matrikuleer in 1970 aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd (Pretoria). Hy voltooi sy voor- en nagraadse teologiese studie aan die Universiteit van Pretoria (1974 en 1978). In 1979 doen hy as Kapelaan diens as Nasionale Dienspligtige en maak kennis met die trauma van soldate. Van 1980 tot 1987 bedien hy twee ‘sending’-gemeentes voordat hy voltyds as Kapelaan van die SAW en later die SANW dien.
Vanaf 2006 tot 2012 dien hy eers as hospitaalkapelaan en later as Departementshoof van die Pastorale Diens van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria. Hy vind baie werkbevrediging in die pastorale versorging van getraumatiseerde pasiënte en konsentreer op traumaberading.
As deel van die Multi-Professionelespan van die hospitaal leer hy om pasiënte en kliënte holisties te benader. Binne hierdie hegte span leer hy die rol en grense van verskeie professies ken en respekteer.
Om op datum te bly voltooi hy suksesvol interne kursusse in Pastorale Sorg, Narratiewe Berading en gesprekstegnieke. Hy voltooi verskeie pastorale en trauma kursusse by die VISTA Universiteit, Noordwes-Universiteit, Universiteit van Pretoria en UNISA.
Jan het gevorderde kursusse gedoen in TIR, TIR Extended Applications en Life Stress Reduction en is een van 'n beperkte aantal geakkrediteerde TIR fasiliteerders (beraders) en TIR Gesertifiseerde Opleiers in Suid Afrika wat onderleg is in Trauma Insident Reduksie. Hy het sy Internskap onder die supervisie van Yvonne Retief gedoen.
Jan is onderleg in Groepsontlonting, Berading van Volwassenes wat as kind gemolesteer is, Trauma en alle vorme van Leefstres en Post Traumatiese Stres (PTSD).
In 2012 tree hy uit diens van die SANW en vestig hy homself as Traumaberader in Pretoria. In 2019 verhuis hy na Alberton. Sy leuse is HULP HELING HOOP.
Skakel gerus vir 'n afspraak of nooi hom om oor trauma of verwante sake by u kerk, vereniging of u firma se personeel te kom praat.
Registrasie:
Internasionaal: (TIRA) Traumatic Incident Reduction Association: Certified TIR Trainer and Accredited TIR Facilitator
CCSA : Counsellor - CO 1569
Lid van AMI TIRA en TIRASA