POST TRAUMATIESE STRESVERSTEURING (PTSV)
POST TRAUMATIESE STRESVERSTEURING (PTSV), in Engels afgekort PTSD, is die gevolg van ou trauma wat nooit (volledig) deurgewerk is nie. Dikwels volg een trauma op 'n ander, soms soortgelyk (wanneer 'n kind oor 'n tydperk gemolesteer word, of 'n soldaat of polisieman in lewensbedreigende voorvalle betrokke was of enige ander soortgelyke vreesaanjaende situasie wat herhaaldelik beleef is. Ander kere volg verskillende traumas op mekaar en ontwikkel PTSV eensklaps.
In die volksmond het PTSV verskeie name gekry. Gedramatiseerde soldate, uit die operasionele gebied, het "Bossies geraak", "Bomskok gekry" of "Hulle varkies veloor". Van ander sou gesê word dat die persoon 'n "senuwee-ineenstorting " gekry het. Al die benamings dui daarop dat die persone afwykende gedrag vertoon. Emosioneel is hulle swaar belas en hulle funksionering binne die gesin, werkplek en sosiale kringe word benadeel.
Die gedrag van 'n persoon wat aan PTSV lei kan verskeie afwykings vertoon:
Ons kan die simptome in drie kategorië verdeel:
1.Her-belewing-simptome:
2. Vermyding-simptome:
3. Hipergevoeligheid-simptome:
Hipergevoeligheids simptome is gewoonlik konstant. Dit word nie uitgelok deur dinge wat aan die trauma herinner nie. Dit is altyd daar en maak dit vir die persoon moeilik/onmoontlik om met daaglikse take aan te gaan, of om te slaap of om te eet of te konsentreer.
Dit is normaal om na 'n skrikwekkende(Trauma) geleentheid hierdie simptome te ervaar. (Terugtrekfase) Dit gaan normaalweg weg na 'n week of twee (Integrasiefase), Dit staan bekend as Akute Stres Versteuring (ASV/ASD). As die simptome nie weg gaan nie kan dit 'n aanduiding van PTSV wees. Mense met PTSV het dikwels vir maande nie simptome nie en dan duik die simptome eensklaps op.

- Terugflitse (Flashbacks) — herhaaldelike herbelewing van die trauma, insluitend die fisiese simptome soos versnelde hartklop en angssweet.
- Nagmerries.
- Vreesaanjaende gedagtes.
2. Vermyding-simptome:
- Bly weg van plekke, geleenthede of objekte wat die aan die trauma herinner
- Emosionele doodsheid/afgetrokkenheid
- Skuldgevoelens, depressie of bekommernis
- Verloor belangstelling in dinge wat in die verlede genotvol was
- Wil nie/kan nie die trauma onthou nie.
3. Hipergevoeligheid-simptome:
- Skrik maklik
- Altyd gespanne en "op die randjie, geirriteerdheid.
- Sukkel om te slaap
- Uitbarstings.(Volksmond: "Gooi hulle speelgoed vir niks uit die kot")